EKSODUS

Ek was lank in Egipte:

dit was my eerste tuiste.

Maar my siel was te vrugbaar

vir ‘n land so dor en doodagtig

die vrae en fluisters

word menigvuldig en magtig

 

Daarom: dwangarbeid, verdrukking

gesug en geweeklaag

(beloof God nie verlossing?)

my Pitom en Raämses

‘n sware mislukking (ek sal nie slaaf nie!)

Ek gooi ongehoorsaam nié

my babas diep in die Nyl:

hul bly gekoester verborge

gestuur in ‘n mandjie van biesies

wat oor donker water wegseil

 

Maar ek roep, uit my plek:

(hier moet ek uit – ek sterf

van tien sieldodende plae)

Laat my tog trek!

 

En dan, uiteindelik vry!

Die oorwinningslied klink op

en kloof die bruisende waters

wat oor my siel gallop

 

Hier kom ek aan

en hier bly ek staan:

(na veertig jaar swerwend, soekend, sterwend)

dors en alleen

gevolg deur geeneen

maar ek drink juigend bly

die heuning en melk

uit my beloofde kelk.

 

Erica Neser (c) 2012

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: